Boomidentifisering - Marakele Nasionale Park 07/07/2010
![]() Marakele Nasionale Park se Ereveldwagters nooi entoesiastiese boomliefhebbers uit na ‘n ongelooflike naweek (17-19 September 2010) in ‘n magiese gedeelte van die Park wat nie normaalweg toeganklik is vir toeriste nie om bome te kom identifiseer onder die bekwame begeleiding van die President van die Dendrologiese Vereniging van Suid-Afrika. Avonturiers kan berg-, woud-, grasveld of vleilandhabitatte besoek op soek na spesifieke bome, of om meer te wete te kom van spesies in hierdie habitatte. ‘n Beperkte aantal entoesiaste sal tuisgaan onder ongesofistikeerde omstandighede: in ‘n ou plaashuis met twee slaapkamers vir 2-3 mense elk wat deel, of in tente. Bring u eie linne en beddegoed, drinkgoed, persoonlike benodigdhede, insekweermiddels, sonhoed en –room, knibbelkos en drank en die (toepaslike) boomboeke waaroor u beskik, sowel as ‘n vergrootglas indien u een het. Kom geniet die vrede en vreugde van ‘n wildernisgebied sonder elektrisiteit of selfoonontvangs of ander kampeerders; kyk of u ander spesies kan identifiseer waar die Outeniekwageelhout (Podocarpus falcatus) tot 30m hoog staan; ontspan langs die dam waar onder andere verskeie Ficus-soorte en bergkaree groei; geniet die asembenemende prentjie van honderde Burkea africanas (Wilde sering) voordat u verder tussen welige inheemse bome aan die voet van die Waterberg beweeg. Kom sit saans lang die vuur in die veld onder die helderste Afrikasterre tydens of na aandete en ervaar vrede. Plek: Die De Ridderhuis in Marakele Nasionale Park (naby Thabazimbi) Datums: 17-19 September 2010 Prys: R2 000.00 p.p. – insluitend alle etes, interne vervoer en Parktoegang. Gids: Naas Grové, President van die Dendrologiese Vereniging van Suid-Afrika NB: Alleenlopers is welkom. Ongelukkig word geen kinders toegelaat nie. Verdere inligting beskikbaar van proflouw@telkomsa.net. Besprekings met volle betaling word gedoen by die Marakele EV-voorsitter, Ampie Venter, by ampie@thabanet.co.za of telefoon 083 258 5924. BIODIVERSITY DAY - 22 May 2010 05/17/2010
Contact for bookings WWF - Switch off for Earth hour 2010 03/25/2010
Dear WWF Supporter On Saturday, 27 March, at 20:30 cities and towns across South Africa will be going dark to send a powerful message to leaders that the time to act on climate change is NOW. Please pledge your support for Earth Hour 2010 on www.wwf.org.za or SMS “EH2010” and your name to 34017 (R2/SMS). This year WWF challenges ordinary people to take the lead by pledging to reduce their carbon footprint. We have to show world leaders that we are serious and that we want them to deliver the climate deal our planet needs. Together we can make this happen. Remember to switch off your lights at 20:30, 27 March. We hope that you’ll be having fun in the dark. To see if there’s an Earth Hour event happening near you – click on the EVENTS button at the top of the Earth Hour homepage. For a living planet The WWF team Members of the Pilanesberg Branch of the Dendrological Society have been privileged since December 2003 to visit JC & Linda Grobler's farm outside Boshoek on the road to Sun City for a year end function. This year it was no exception and members enjoyed a memorable event of hospitality at Ikutseng over the weekend of 28 November 2009. During the year-end function, members are rewarded for their good work and service to the Dendrological Society and more specific to the Pilanesberg Branch over the past year. The 2009 awards went to: • Rita Colyn Big Tree of the Year - for the individual who made an exceptional contribution towards promoting the mission and vision of the Dendrological Society of South Africa. • Gawie Oberholzer Arbor scientia - for the individual who gained a substantial amount of self knowledge in the field of dendrology. • Gawie & Teresia Oberholzer Pilansberg Dendron Floating Trophy - for the family who contributed the most towards the well being of the Pilanesberg branch and all its activities. Pilanesberg Management 2010:Launch of new Website/Loods van nuwe webwerf 09/04/2009
Welcome to our new website. Please feel free to leave your comments. Click on the RSS Feed button to register for updates on newsletters, information about trees, special events, etc. Welkom by ons nuwe webblad. U is welkom om kommetaar te lewer. Klik op die RSS Feed knoppie om te reristreer vir toekomstige inligting oor nuusbriewe, inligting oor bome, spesiale geleenthede en vele meer Best tree wishes / Boomgroete Naas Grové |