Dendrological Society of South Africa

  • Home/Tuis
    • Tuis
    • Info
      • History/Geskiedenis
        • Mission/Missie
          • Constitution/Grondwet
            • Management/Bestuur
            • Member/Lid
              • Members of the Central Committee/Lede v.d sentrale komitee>
                • Portfolio-President>
                  • Portefeulje - president (Afr)
                  • Portfolio-Honorary Secretary>
                    • Portefeulje -sekretaris (Afr)
                    • Portfolio-Treasurer>
                      • Portefeulje -Finansies (Afr)
                      • Portfolio-Tree Conservation>
                        • Portefeulje-Boom Bewaring (Afr)
                        • Portfolio-Training>
                          • Portefeulje-Opleiding (Afr)
                          • Portfolio-Big Trees>
                            • Portefeulje-Groot Bome (Afr)
                            • Portfolio-Media>
                              • Portefeulje-Media (Afr)
                            • Application for membership/Aansoek om lidmaatskap
                              • Regional Branches/Takke>
                                • Streekstakke (Afr)
                              • Trees/Bome
                                • Trees of the Year/Bome van die Jaar
                                  • FSA Tree Names & Numbers/FSA Boom Name & Nommers
                                    • Protected Trees/Beskermde Bome
                                      • Champion Trees/Kampioen Bome
                                        • Big Trees/Groot Bome
                                          • Recources/Hulpbronne
                                          • Shop/Winkel
                                            • Books/Boeke>
                                              • Boeke (Afr)
                                              • Name Tags/Naambordjies>
                                                • Naambordjies (Afr)
                                              • Links/Skakels
                                                • Skakels (Afr)
                                                • Contact/Kontak
                                                  • Kontak (Afr)
                                                  • Tree Blog/Boom-blog
                                                   

                                                  Geskiedenis

                                                  Picture
                                                  Foto: Naas Grové

                                                  Arborum silvarumque conservatio salus mundi est
                                                  "Die bewaring van bome en woude is die redding van die wêreld"

                                                  (Letterlike vertaling)

                                                  Die oorspronklike stigter van die Vereniging en Stigting was Dr Fried von Breitenbach, wat gevoel het dat die breë publiek ook meer betrokke moet raak in die kennis en bewaring van ons inheemse bome.

                                                  In 1979 toe die Dendrologiese Vereniging gestig was, was die terme "Dendrologie" en "Dendroloog" redelik onbekend in Suid-Afrika. Tog was daar die nodigheid vir die ontstaan van 'n bekwame liggaam wat sal dien in hierdie besondere behoeftes van 'n dendrologiese gemeenskap in Suider-Afrika. Die Stigting was gevorm as 'n onafhanklike, nie winsgewende, nie-rassige genootskap met die doelstelling vir die promosie en kennis van bome, in besonder die inheemse, hulle bewaring en aanplanting en die behoud van boom dominerende ekosisteme by wyse van navorsing, publikasies, kursusse, ens.

                                                  'n Projek, van die hoogste prioriteit, was die standaardisering van die gewone Engels en Afrikaanse boomname. 'n Projek het begin by die Botaniese Navorsingsinstituut in 1966 in die vorm van 'n lys getiteld "66 Transvaalse Bome". Vir elke boom spesie was 'n nommer ook toegeken. Dit maak nie saak hoeveel keer die botaniese name mag verander in die toekoms nie, die nommer en gewone name sal steeds dieselfde bly en so help om verwarring uit te skakel.

                                                  Daarna, die tweede stap was om die etniese name te standaardiseer. 'n Taak wat vele jare behels het van intensiewe studie in samewerking met verskeie Universiteite.

                                                  As gevolg van baie suksesvolle boom identifikasie kursusse, is die Dendrologiese Vereniging gestig in 1980. Die oogmerke van die Vereniging was om enige persoon wat geïnteresseerd was in dieper kennis van ons inheemse bome, as 'n lid te werf. Bome voorsien kos vir voëls en diere, koelte en beskerming, skoon en vogtige lug, is windbrekers en verlaag die geraas vlak. Hulle voorkom erosie en maak die grond vrugbaar. Boombewaring kan nie slaag sonder die aktiewe deelname van almal nie!



                                                  Picture
                                                  Die twee populêre publikasies van die Dendrologiese Vereniging was die "Nasionale Lys van Inheemse Bome" (1979) in sy derde hersiene uitgawe en die "Nasionale Lys van Uitheemse Bome (1984) in sy tweede hersiene uitgawe. Daarna het ook verskeie opgedateerde publikasies gevolg.

                                                  Die Boomplaatjies was eers uitgereik in 1981 met wit nommers op groen veselglas plate vir die inheemse bome en swart nommers met geel agtergrond vir die uitheemse bome. By 'n latere stadium was hulle vervang met 'n hoë kwaliteit SABS materiaal met die nasionale boom nommer, die botaniese en die gewone name in Afrikaans en Engels. Hulle is ook nou beskikbaar met etniese gewone name.

                                                  Na die ontstaan van die eerste Tak van die Dendrologiese Vereniging, d.i. Pretoria, het Takke ontstaan regoor die land, party baie aktief, ander minder aktief, en sommige dormant. Dit was besluit om elke Tak te vernoem na 'n boom spesie of 'n bekende geografiese kenmerk. Die Vereniging groei nog steeds en sal hopelik van krag tot krag gaan in die toekoms.


                                                  'Arborum silvarumque conservatio salus mundi est'