Dendrological Society of South Africa

  • Home/Tuis
    • Tuis
    • Info
      • History/Geskiedenis
        • Mission/Missie
          • Constitution/Grondwet
            • Management/Bestuur
            • Member/Lid
              • Members of the Central Committee/Lede v.d sentrale komitee>
                • Portfolio-President>
                  • Portefeulje - president (Afr)
                  • Portfolio-Honorary Secretary>
                    • Portefeulje -sekretaris (Afr)
                    • Portfolio-Treasurer>
                      • Portefeulje -Finansies (Afr)
                      • Portfolio-Tree Conservation>
                        • Portefeulje-Boom Bewaring (Afr)
                        • Portfolio-Training>
                          • Portefeulje-Opleiding (Afr)
                          • Portfolio-Big Trees>
                            • Portefeulje-Groot Bome (Afr)
                            • Portfolio-Media>
                              • Portefeulje-Media (Afr)
                            • Application for membership/Aansoek om lidmaatskap
                              • Regional Branches/Takke>
                                • Streekstakke (Afr)
                              • Trees/Bome
                                • Trees of the Year/Bome van die Jaar
                                  • FSA Tree Names & Numbers/FSA Boom Name & Nommers
                                    • Protected Trees/Beskermde Bome
                                      • Champion Trees/Kampioen Bome
                                        • Big Trees/Groot Bome
                                          • Recources/Hulpbronne
                                          • Shop/Winkel
                                            • Books/Boeke>
                                              • Boeke (Afr)
                                              • Name Tags/Naambordjies>
                                                • Naambordjies (Afr)
                                              • Links/Skakels
                                                • Skakels (Afr)
                                                • Contact/Kontak
                                                  • Kontak (Afr)
                                                  • Tree Blog/Boom-blog
                                                   

                                                  Bestuur

                                                  1. Algemeen
                                                  1.1 Die bestuur van die vereniging word behartig deur die Sentrale Komitee. Die Sentrale Komitee kies indien nodig uit eie geledere ‘n bestuurskomitee wat die algemene bestuur van die vereniging namens die Sentrale Komitee en die lede behartig.
                                                  1.2 Slegs opbetaalde lede mag dien op die Sentrale Komitee.
                                                  1.3 Geen lid sal enige eis teen die vereniging hê nie ten opsigte van koste aangegaan of verliese of skade gely as gevolg van hulle bywoning van vergaderings.

                                                  2. Die President
                                                  2.1 Die president van die vereniging, wat ook optree as die voorsitter van die Sentrale Komitee, word verkies deur al die stemgeregtigde lede van die vereniging tydens die algemene jaar vergadering genoem in 4.5.
                                                  2.2 Die president moet verkieslik kundig wees op die gebied van dendrologie.
                                                  2.3 Die president word verkies vir ‘n termyn van twee jaar.
                                                  2.4 ‘n Versoek om nominasies vir die amp van president sal per pos, epos of faks aan al die stemgeregtigde lede gestuur word. ‘n Lys van die lede wat kwalifiseer vir nominering sal aangeheg word by die skrywe.
                                                  2.5 ‘n Lid kan genomineer word slegs indien die genomineerde skriftelik toestem daartoe voor datum van voorlegging.
                                                  2.6 Nominasies moet die bestuurskomitee bereik voor die sluitingsdatum.
                                                  2.7 Alle genomineerdes moet ‘n CV en ‘n credo voorlê aan die bestuurskomitee vir aanhegging aan die stembriewe.
                                                  2.8 Stembriewe moet teruggestuur word aan die bestuurskomitee en ontvang word twee dae voor die verkiesingsdatum. Stembriewe kan ook ingelewer word by die algemene jaarvergadering.
                                                  2.9 Verkiesingsbeamptes sal aangestel word by die algemene jaarvergadering. Alle stembriewe sal op die aangewese tyd oopgemaak word en die stembriewe sal getel en nagegaan word.
                                                  2.10 Die verkiesingsbeamptes sal die uitslag van die verkiesing rapporteer tydens die algemene jaarvergadering. Sodra die lede die uitslag aanvaar kan die stembriewe vernietig word.
                                                  2.11 Die besturende komitee van die Sentrale Komitee is gemagtig om besluite te neem ten opsigte van nominasies en verkiesings indien dit sou gebeur dat daar geen nominasies is ingevolge klousule 2.6 en 2.8 nie.

                                                  3. Die Sentrale Komitee:
                                                  3.1 Algemeen
                                                  3.1.1 Die Sentrale Komitee word by die algemene jaarvergadering verkies deur al die stemgeregtigde lede van die vereniging. Die Sentrale Komitee bestaan uit minstens vyf en hoogstens nege lede, insluitend die persoon verkies tot die president van die vereniging.
                                                  3.1.2 Die Sentrale Komitee word verkies vir ‘n termyn van twee jaar.
                                                  3.1.3 Die president en enige ander verkose lid van die Sentrale Komitee en die bestuurskomitee mag na elke dienstermyn van twee jaar herkies word.

                                                  3.2 Nominasies
                                                  3.2.1 ‘n Versoek om nominasies vir ‘n persoon om te dien op die Sentrale Komitee word gevra per pos, epos of faks van al die stemgeregtigde lede. Nominasies mag voorgelê word slegs nadat die toestemming van die genomineerde verkry is. Nominasies moet die bestuurskomitee bereik voor die sluitingsdatum.
                                                  3.2.2 Stembriewe word verskaf aan al die lede en moet voltooi en teruggestuur word om die bestuurskomitee te bereik laastens een dag voor die algemene jaarvergadering of mag ingelewer word by die algemene jaarvergadering.

                                                  3.3 Verkiesings
                                                  3.3.1 Verkiesings vir lede van die Sentrale Komitee word gehou by die algemene jaarvergadering in die jaar waarin die ampstermyn uitloop. Die eresekretaris sal die ampstermyne van al die ampsdraers in die Sentrale Komitee aanteken.
                                                  3.3.2 Indien daar minder nominasies is as vakatures sal die genomineerdes by verstek verkies word tot die Sentrale Komitee.
                                                  3.3.3 Verkiesingsbeamptes word aangestel by die algemene jaarvergadering. Alle stembriewe sal oopgemaak word, getel en nagegaan word. Die verkiesingsbeampte sal die uitslae rapporteer aan die algemene jaarvergadering. Sodra die uitslag aanvaar is deur die teenwoordige lede word die stembriewe vernietig.

                                                  3.4 Vakatures in die Sentrale Komitee
                                                  3.4.1 In die geval van bedanking, onbevoegdheid of afsterwe van enige lid van die Sentrale Komitee of die bestuurskomitee sal die amp vakant verklaar word deur die bestuurskomitee wat die streek waaruit die lid kom, sal vra om ‘n ander lid te nomineer om die vakature te vul vir die res van die termyn. Die Sentrale Komitee neem ‘n besluit oor wie ‘n vakature in die bestuurskomitee vul. Vir doeleindes van hierdie subartikel kan afwesigheid, sonder verskoning, van twee opeenvolgende vergaderings van die Sentrale Komitee of Bestuurskomitee, of drie opeenvolgende vergaderings van die Sentrale Komitee of bestuurskomitee met verskoning, beskou word as onbevoegdheid.

                                                  4 Magte van die Sentrale Komitee
                                                  4.1 Die Sentrale Komitee sal byeenkom slegs wanneer aangeleenthede bespreek moet word wat die fisiese teenwoordigheid van al die lede van die Sentrale Komitee vereis. Lede van die Sentrale Komitee wat nie dien op die bestuurskomitee nie sal nogtans afskrifte ontvang van die agendas en die notules van die bestuurskomitee vergadering en sal geleentheid hê om byvoegings te maak tot die agenda of om beswaar te maak teen enige genotuleerde aangeleentheid binne vyf dae na versending van die notule. Enige besware sal verwys word na die bestuurskomitee vir verdere oorweging.
                                                  4.2 Die Sentrale Komitee sal die sake van die vereniging bestuur en sal alles doen wat beskou word as nodig om die oogmerke en verpligtinge gemeld in hierdie grondwet na te kom. Indien nodig, kan die Sentrale Komitee ‘n administratiewe beampte(s) aanstel om bystand te lewer in die uitvoering van die bestuurspligte. Die aangestelde beampte sal aanspreeklik wees aan die Sentrale Komitee vir alles wat hy/sy onderneem namens die vereniging.
                                                  4.3 Die Sentrale Komitee is by magte om komitees aan te stel aan wie hy sulke pligte mag delegeer as wat nodig is in die uitvoering van die oogmerke van die vereniging. Lede van die Sentrale Komitee of van die vereniging kan aangestel word op sulke komitees. Lede van die Sentrale Komitee kan ampshalwe lede wees van al die komitees. Die Sentrale Komitee sal ook die mag hê om enige van sy komitees te ontbind.
                                                  4.4 Die Sentrale Komitee sal tekenmagtiging namens die vereniging gee aan twee lede van die bestuurskomitee. Die Sentrale Komitee kan ook besluit om tekenmagtiging te gee aan die administratiewe beampte.
                                                  4.5 Die Sentrale Komitee belê, op vasgestelde tyd en plek, ‘n algemene jaarvergadering binne 120 dae na die einde van die vereniging se boekjaar. By hierdie vergadering word uitvoering gegee aan die aktiwiteite beskryf in 7.2.1, 7.3.1 en 10.7 (van Grondwet) sowel as enige ander sake wat die Sentrale Komitee nodig ag.
                                                  4.6 Die Bestuurskomitee van die Sentrale Komitee sal die reg hê om, indien geen nominasies t.o.v. 2.6, 2.8 en 2.1 ontvang word nie, voort te gaan met die verkiesing na goeddunke.
                                                  4.7 By ontvangs ‘n geskrewe versoek geteken deur ten minste sewe stemgeregtigde lede van die vereniging sal die eresekretaris ‘n buitengewone algemene vergadering belê. Afhangende van die dringendheid van die aangeleentheid sal so ‘n vergadering belê word met redelike kennisgewing aan al die lede maar nie later nie as 45 dae na ontvangs van die versoek.
                                                  4.8 Die Sentrale Komitee kan ooreenkomste aangaan met enige liggaam of persone binne of buite Suid-Afrika ten opsigte van enige aangeleentheid van gemeenskaplike belang en in die bevordering van die oogmerke van die vereniging.
                                                  4.9 Die Sentrale Komitee kan reëlings aangaan met enige regeringsliggaam (sentraal, provinsiaal, streeks, plaaslik of andersins) maatskappy of persoon om van sodanige regeringsgesag, maatskappy of persoon geld, regte, ooreenkomste, konsessies, of voorregte te verkry wat kan help in die bereiking van die oogmerke van die vereniging.
                                                  4.10 Die Sentrale Komitee kan assosieer of affilieer met enige organisasie wat oogmerke het soortgelyk aan die van die vereniging.


                                                  5 Die Bestuurskomitee
                                                  5.1 Die bestuurskomitee word saamgestel, sover moontlik, uit lede van die Sentrale Komitee, insluitende die president, van wie almal verwag sal word om al die vergaderings by te woon. Die bestuurskomitee sal ten minste drie lede hê naamlik ‘n voorsitter, wat die president is, ‘n eresekretaris en ‘n erepenningmeester. Die bestuurskomitee word verkies op die dag van die algemene jaarvergadering.
                                                  5.2 Die bestuurskomitee kan ‘n administratiewe beampte aanstel en hy/sy sal ampshalwe alle vergaderings van die bestuurskomitee bywoon.
                                                  5.3 Die bestuurskomitee sal ten minste drie maal per jaar byeenkom en verdere vergaderings reël soos nodig ten einde die sake van die vereniging effektief te bestuur.

                                                  6 Beëindiging van lidmaatskap van die Sentrale Komitee en die bestuurskomitee
                                                  ‘n Lid van die Sentrale Komitee en bestuurskomitee sal ophou om ‘n amp te beklee:
                                                  6.1 wanneer hy/sy skriftelik bedank;
                                                  6.2 wanneer hy/sy stemreg verloor soos vermeld in 3.6;
                                                  6.3 by afwesigheid van die vergaderings van die Sentrale Komitee en bestuurskomitee soos aangedui in 3.4
                                                  'Arborum silvarumque conservatio salus mundi est'