Dendrological Society of South Africa

  • Home/Tuis
    • Tuis
    • Info
      • History/Geskiedenis
        • Mission/Missie
          • Constitution/Grondwet
            • Management/Bestuur
            • Member/Lid
              • Members of the Central Committee/Lede v.d sentrale komitee>
                • Portfolio-President>
                  • Portefeulje - president (Afr)
                  • Portfolio-Honorary Secretary>
                    • Portefeulje -sekretaris (Afr)
                    • Portfolio-Treasurer>
                      • Portefeulje -Finansies (Afr)
                      • Portfolio-Tree Conservation>
                        • Portefeulje-Boom Bewaring (Afr)
                        • Portfolio-Training>
                          • Portefeulje-Opleiding (Afr)
                          • Portfolio-Big Trees>
                            • Portefeulje-Groot Bome (Afr)
                            • Portfolio-Media>
                              • Portefeulje-Media (Afr)
                            • Application for membership/Aansoek om lidmaatskap
                              • Regional Branches/Takke>
                                • Streekstakke (Afr)
                              • Trees/Bome
                                • Trees of the Year/Bome van die Jaar
                                  • FSA Tree Names & Numbers/FSA Boom Name & Nommers
                                    • Protected Trees/Beskermde Bome
                                      • Champion Trees/Kampioen Bome
                                        • Big Trees/Groot Bome
                                          • Recources/Hulpbronne
                                          • Shop/Winkel
                                            • Books/Boeke>
                                              • Boeke (Afr)
                                              • Name Tags/Naambordjies>
                                                • Naambordjies (Afr)
                                              • Links/Skakels
                                                • Skakels (Afr)
                                                • Contact/Kontak
                                                  • Kontak (Afr)
                                                  • Tree Blog/Boom-blog
                                                   

                                                  Aansoek om Lidmaatskap


                                                  Vir n lidmaatskap aansoek vorm, laai die PDF hier onder af en stuur die ingevulde vorm terug aan ons per epos, faks of gewone pos.
                                                  lidmaatskap_2012.pdf
                                                  File Size: 390 kb
                                                  File Type: pdf
                                                  Download File

                                                  Klasse Van Lidmaatskap
                                                  Algemene lidmaatskap
                                                  Algemene lidmaatskap staan oop vir alle natuurlike persone, en sluit die volgende klasse in:
                                                  • Individuele lidmaatskap
                                                  • Gesinslidmaatskap (ouers en skoolgaande kinders)
                                                  • Studentelidmaatskap (bona fide studente, met studentebewys)
                                                  • Skoollidmaatskap vir individuele skole
                                                  • Korporatiewe lidmaatskap
                                                  • Erelidmaatskap 

                                                  Erelidmaatskap word toegeken aan enige persoon vir uitnemendheid in diens van die uitbreiding van boomkennis aan die Suid-Afrikaanse gemeenskap.
                                                  Alle Klasse van lidmaatskap
                                                  Enige persoon of entiteit wat ‘n lid wil word moet ‘n aansoekvorm voltooi. Nuwe aansoeke word oorweeg en goedgekeur deur die Sentrale Komitee van die Vereniging.

                                                  Erelidmaatskap
                                                  Erelede kan voorgestel word deur ten minste twee lede van die Sentrale Komitee of deur ‘n streekstak van die Komitee. ‘n Volledige opgaaf moet saam met die geskrewe voorlegging aan die Sentrale Komitee voorgelê word vir oorweging. Die voorstel sal aanvaar word wanneer ‘n twee-derde meerderheid van die Sentrale Komitee dit goedkeur en wanneer dit die goedkeuring van die Jaarvergadering wegdra.

                                                  Lidmaatskapfooie
                                                  Alle nuwe lede betaal ‘n intreefooi. Die fooie word bepaal deur Sentrale Komitee en kan gewysing word van tyd tot tyd.
                                                  Alle lede van die vereniging betaal ‘n jaarlikse lidmaatskap fooi soos bepaal deur die Sentrale Komitee van die vereniging. Die fooi kan gewysig word van tyd tot tyd en die Sentrale Komitee is by magte om weg te doen met die fooi of dit te verminder indien dit gesien word as gepas of in die beste belang van die vereniging. Die Sentrale Komitee kan eweneens besluit om enige fooie of heffings betaalbaar aan die vereniging te herstel en sodanig besluit val binne die uitsluitlike diskresie van die Sentrale Komitee. Erelede is vrygestel van die betaling van fooie.
                                                  Lidmaatskap fooie is betaalbaar binne 60 dae na die begin van die nuwe boekjaar.
                                                  Waar lidmaatskap aanvaar word na die begin van die boekjaar sal sodanige ledegelde pro rata bereken word. Die ledegelde is betaalbaar binne dertig dae van die datum van aanname as ‘n lid. Indien die ledegeld nie behoorlik betaal word nie sal die persoon nie aangeteken word as ‘n lid nie. Ledegelde is verskuldig en betaalbaar en die Vereniging kan dit verhaal deur middel van die regsproses.

                                                  Voordele om aan die Dendrologiese Vereniging te Behoort
                                                  Inligting en Kennis.
                                                  Lede ontvang inligting deur middel van nuusbriewe en die Dendron oor gebeure rakende beide bome inheems tot Suider-Afrika, asook uitheemse of ingevoerde spesies. Ander inligting word ook verskaf met betrekking tot:

                                                  1. Nuwe spesies;2. Nuwe bevindings in die veld van (Plantkunde; ekologiese aspekte van bome; boomtaksonomie; verspreidingsrekords)
                                                  3. boombenutting, algemeen en as sierplante
                                                  4. bewaring van boomspesies.

                                                  Lesings en praatjies word gereël waar deskundiges oor interessante onderwerpe te gesels. Dit bied mense ook die geleentheid om deel te wees van ‘n ekologiese bewaring- en bewusmakingsprogram tot voordeel van ons nageslag. Dit vind plaas tydens die jaarlikse kongres asook in takverband.

                                                  Die Dendrologiese Vereniging bied ‘n jaarlikse kongres aan wat deur die lede as forum gebruik kan word om menings te lig en algemene inligting te bekom asook wetenskaplike inligting van bestaande en nuwe spesies. Die samekoms skep ‘n uitstekende medium van kommunikasie tussen persone, instansies, owerhede en die opvoedkunde vir die uitruil van inligting en kennis.

                                                  Selfverryking
                                                  Die Dendrologiese Vereniging bied lede die geleentheid om saam met kundiges en ander mense wat dieselfde belangstellings deel, op uitstappies in die veld te gaan. Hierdie uitstappies is veral gefokus op ons rykdom van inheemse bome, maar dit bied ook terselfdertyd die geleentheid tot die uitbreiding van kennis oor ons boom- en planteryk in die algemeen. Verder kan daar ook by elkeen wat saamgaan gewoonlik iets geleer word, al het almal nie altyd dieselfde uitgebreide kennis nie. Wenke word verskaf om boomidentifisering as stokperdjie te be-oefen en/of te bevorder.

                                                  Lede ondervind selftevredenheid deurdat hy/sy ‘n bydrae kan lewer ter bevordering van boom kennis en bewaring. Mense leer hul omgewing ken en die geleentheid word geskep om met talle toerisme aantreklikhede te skakel.

                                                  Lede geniet ook persoonlike verryking deur kennis en kontak te maak met die wonders van die natuur. Geestelike verryking vind terselfdertyd plaas deurdat ‘n mens so na aan die natuur beweeg.

                                                  Op tersiêre vlak word lede ook die geleentheid gegun om kursusse by te woon en te kwalifiseer in primêre dendrologie.

                                                  Finansiële Voordele 
                                                  Lede geniet korting vir aankoop van publikasies en bywoning van kursusse.

                                                  Beskerming van Bome
                                                  Die Vereniging tree op as ‘n spreekbuis vir lede (en bome) by owerhede om sodoende boombelange te beskerm en te bevorder .

                                                  Sosiale Geleenthede
                                                  Dit bied ‘n heerlike sosiale skakeling met mense in jou eie omgewing. Vriendskappe oor landstreke heen, kan opgebou word deur met ander lede van die Vereniging te kommunikeer en/of te skakel. Persone wat dieselfde belangstellings deel bied aangename en opbouende geselskap.
                                                  'Arborum silvarumque conservatio salus mundi est'