Dendrological Society of South Africa

  • Home/Tuis
    • Tuis
    • Info
      • History/Geskiedenis
        • Mission/Missie
          • Constitution/Grondwet
            • Management/Bestuur
            • Member/Lid
              • Members of the Central Committee/Lede v.d sentrale komitee>
                • Portfolio-President>
                  • Portefeulje - president (Afr)
                  • Portfolio-Honorary Secretary>
                    • Portefeulje -sekretaris (Afr)
                    • Portfolio-Treasurer>
                      • Portefeulje -Finansies (Afr)
                      • Portfolio-Tree Conservation>
                        • Portefeulje-Boom Bewaring (Afr)
                        • Portfolio-Training>
                          • Portefeulje-Opleiding (Afr)
                          • Portfolio-Big Trees>
                            • Portefeulje-Groot Bome (Afr)
                            • Portfolio-Media>
                              • Portefeulje-Media (Afr)
                            • Application for membership/Aansoek om lidmaatskap
                              • Regional Branches/Takke>
                                • Streekstakke (Afr)
                              • Trees/Bome
                                • Trees of the Year/Bome van die Jaar
                                  • FSA Tree Names & Numbers/FSA Boom Name & Nommers
                                    • Protected Trees/Beskermde Bome
                                      • Champion Trees/Kampioen Bome
                                        • Big Trees/Groot Bome
                                          • Recources/Hulpbronne
                                          • Shop/Winkel
                                            • Books/Boeke>
                                              • Boeke (Afr)
                                              • Name Tags/Naambordjies>
                                                • Naambordjies (Afr)
                                              • Links/Skakels
                                                • Skakels (Afr)
                                                • Contact/Kontak
                                                  • Kontak (Afr)
                                                  • Tree Blog/Boom-blog
                                                   
                                                  Boomidentifisering - Marakele Nasionale Park 07/07/2010
                                                  0 Comments
                                                   
                                                  Picture
                                                  Marakele Nasionale Park se Ereveldwagters nooi entoesiastiese boomliefhebbers uit na ‘n ongelooflike naweek (17-19 September 2010) in ‘n magiese gedeelte van die Park wat nie normaal­weg toeganklik is vir toeriste nie om bome te kom identifiseer onder die bekwame begeleiding van die President van die Dendrologiese Vereniging van Suid-Afrika. 

                                                  Avonturiers kan berg-, woud-, grasveld of vleilandhabitatte besoek op soek na spesifieke bome, of om meer te wete te kom van spesies in hierdie habitatte.

                                                  ‘n Beperkte aantal entoesiaste sal tuisgaan onder ongesofistikeerde omstandighede: in ‘n ou plaashuis met twee slaapkamers vir 2-3 mense elk wat deel, of in tente. Bring u eie linne en beddegoed, drinkgoed, persoon­like benodigdhede, insekweermiddels, sonhoed en –room, knibbelkos en drank en die (toepaslike) boomboeke waaroor u beskik, sowel as ‘n vergrootglas indien u een het.

                                                  Kom geniet die vrede en vreugde van ‘n wildernisgebied sonder elektrisiteit of selfoonontvangs of ander kam­peer­ders; kyk of u ander spesies kan identifiseer waar die Outeniek­wa­geel­hout (Podocarpus falcatus) tot 30m hoog staan; ontspan langs die dam waar onder andere verskeie Ficus-soorte en bergkaree groei; geniet die asembenemende prentjie van honderde Burkea africanas (Wilde sering) voordat u verder tussen welige inheemse bome aan die voet van die Waterberg beweeg.

                                                   Kom sit saans lang die vuur in die veld onder die helderste Afrikasterre tydens of na aandete en ervaar vrede.

                                                   Plek: Die De Ridderhuis in Marakele Nasionale Park (naby Thabazimbi)

                                                  Datums: 17-19 September 2010

                                                  Prys: R2 000.00 p.p. – insluitend alle etes, interne vervoer en Parktoegang.

                                                  Gids: Naas Grové, President van die Dendrologiese Vereniging van Suid-Afrika

                                                  NB: Alleenlopers is welkom. Ongelukkig word geen kinders toegelaat nie.

                                                  Verdere inligting beskikbaar van proflouw@telkomsa.net. Besprekings met volle betaling word gedoen by die Marakele EV-voorsitter, Ampie Venter, by ampie@thabanet.co.za of telefoon 083 258 5924.


                                                  Add Comment
                                                   
                                                    Picture

                                                    Authors

                                                    We are a society of people that are passionate about indigenous trees. On this site, you will find information about our society and our membership as well as information about indigenous trees.

                                                    Categories

                                                    All
                                                    Awards
                                                    Competitions
                                                    Events
                                                    Green Things
                                                    Pilanesberg Branch

                                                    Archives

                                                    October 2011
                                                    August 2011
                                                    May 2011
                                                    March 2011
                                                    February 2011
                                                    January 2011
                                                    October 2010
                                                    July 2010
                                                    May 2010
                                                    March 2010
                                                    December 2009
                                                    September 2009

                                                    RSS Feed

                                                    DENDROLOGICAL SOCIETY OF SOUTH AFRICA on Facebook

                                                  'Arborum silvarumque conservatio salus mundi est'